Dolfyne

Die Dolfyngroep se groot taak die jaar by ons is nie net om aktiwiteite te bemeester nie, maar veral ook om gepaste sosiale en emosionele gedrag aan te kweek. Dit is die fase van “ek wil self”, maar ook van “ek kan nie” en dit is baie belonend om hulle te help hul selfstandigheid te ontgin. Daarom glo ons daarin om ‘n gesinsgevoel te skep in die klas. Ons moedig hulle aan om mekaar te ondersteun, belangstelling te toon in mekaar en elkeen se uniekheid te vier.


ONTMOET ONS JUFFROUENS

Jeanne Louw

Ek is Jeanne Louw en ek het die voorreg om die juffrou van die Dolfynklas te wees, met Juffrou Mavis as my vriendin en regterhand. Ek geniet dit om werkswinkels by te woon en myself steeds meer te verryk ten opsigte van kinderontwikkeling.

Kwalifikasies:

UFS
B Ed (Grondslagfase 2011)  

WERKSWINKELS & SEMINARE BYGEWOON IN KINDERONTWIKKELING:

ULTIMATE FIRES
Basiese Brandbestryding (2018)
Ontruimingskursus (2018)
Vlak 1 Noodhulp (2018)

OPTIMA SENTRUM (Universiteit v Pretoria)
Groepassessering in Skoolgereedheid (2006)

Sunlawns Preprimêr

Spiertonus en Visuele persepsie

Marie Sonnekus (Pastorale Berader en Spelterapeut)

Positiwe Dissipline en Emosionele Stimulering van Voorskoolse Kinders (2013)

MIND MOVES INSTITUTE (Dr. Melody de Jager)
Die Neurowetenskap van Leer (2015)
Die Neurowetenskap van Ontwikkeling (2015)
Die Neurowetenskap van Gedrag (2015)
Die Neurowetenskap van Uniekheid (2015)
Neuro-ontwikkelingsagterstande  (2015)
Speel klaar met lae Spiertonus (2017)
Speel klaar met Ouditiewe-, Spraak- en Taalagterstande (2017)
Disleksie en Ruimtelike Oriëntasie (2017)
Gravitasie Sekerheid (2017)
Leesbare Handskrif (2017)
Praktiese Werkswinkel (2017)

Kekkelbekkie Dagsorg

Seminaar om kinders met gedragshindernisse te verstaan en op ‘n positiewe wyse te hanteer (2015)

SAOU
3 tot 6 jaar en Graad R (2011)
Dissipline en gedrag (2011)
Boustene van Leer (2015)
Sensoriese Integrasie (2015)
Wiskunde in Praktyk (2015)
Oorgang van gr R na gr 1 (2015)
Terapeutiese Kuns (2016)
Vensters tot jou Persoonlikheid (2017)
Verhoudings maak saak (2018)

Mavis Hese

Ek is Mavis Hese.  Ek is sedert 2003 by Kontiki.  Ek is baie lief vir die kleintjies en werk al van 1993 met kleuters.  Dit is vir my lekker om te sien hoe hulle groei en allerhande goedjies vir hulleself begin doen en om te weet ek het hulle gehelp om daar te kom. Dit is lekker om te kan weet dat ek ‘n werk het wat ek geniet.

Awesome Image

By Kontiki is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.

Skoolure

  • Ma - Vr07:00-17:15
  • Sa - SoGesluit
  • SkoolvakansiesGesluit

  Besoek ons Facebookbladsy.

 
 

Kontak ons gerus

U kan ons gedurende skoolure kontak by.

  • Genl. Hertzogstraat 100
    Dan Pienaar, Bloemfontein
  • 051 – 436 3370
  • ontvangs@kontiki.co.za
© 2019 Kontiki Preprimêr. Alle regte voorbehou. Webtuiste deur Utilisoft