Walvisse

Die Walvisse is die ander graad R-klas. Hier in die Walvisklas gee ons die maats ‘n geleentheid om hulleself te wees. Ons is groot Mind Moves-aanhangers en glo vas in LEER DEUR SPEEL! Ons doen ook elke dag Mind Moves-oefeninge.
‘n Walvisdag is gevul met pret en plesier. Ons volg die CAPS-kurrikulum en probeer om die kleuters in ons klas selfstandig te maak en met selfvertroue vol te stop. Elke kindjie word hanteer as ‘n individu en gekoester vir wie hy of sy is.


ONTMOET ONS JUFFROUENS

Chanell Kotzè

Ek is Chanell Kotzè. Ek kom oorspronklik van die Kaap af, waar ek onderwys studeer het. Ek gee sedert 2007 skool en is vanaf 2010 by Kontiki. Ek is ook opgelei om skoolgereedheidstoetse af te neem.
Ek is lief vir die buitelewe en diere en dan natuurlik is ek mal oor kinders! Ek glo passievol dat ons kleuters leer deur speel en dat ‘n goeie fondasie in die kleuterskool baie belangrik is vir die res van hulle skoolloopbaan. Ek is self ‘n nuwe mamma en kan nie wag om my eie kleinding op te voed nie.

Kwalifikasies:

DAMELIN
Diploma in Inligtingsbestuur

WES-KAAPSE ONDERWYSKOLLEGE
B Ed (Grondslagfase) 

WERKSWINKELS & SEMINARE BYGEWOON IN KINDERONTWIKKELING:

ULTIMATE FIRES
Basiese Brandbestrydingskursus (2018)
Ontruimingskursus (2018)
Vlak 1 Noodhulp (2018)

BUSY HANDS
Fyn- en Grootmotoriese Vaardighede

OPTIMA SENTRUM (UP)
Skoolgereedheidstoetsings se afneem (2012)

Marie Sonnekus (Pastorale Berader en Spelterapeut)

Positiwe Dissipline en Emosionele Stimulering van Voorskoolse Kinders (2013)

THE CONNEXION (Dr. Melody de Jager)
Graad R opleiding (2013)

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT
Sensoriese Intelligensie (2014)

SAOU

3 tot 6 jaar en Graad R (2011)
Dissipline en gedrag (2011)
Graad R KAV(CAPS) (2013)
Fisiese ontwikkeling as voorvereiste vir breinontwikkeling (2014)
Assistente opleiding (2014)
Boustene van Leer (2015)
Sensoriese Integrasie (2015)
Oorgang van gr R na gr 1 (2015)
Terapeutiese Kuns
Vensters tot jou Persoonlikheid (2017)
Verhoudings maak saak (2018)
Living the Rhythm of Today (2018)

MIND MOVES INSTITUTE (Dr. Melody de Jager)
Praktiese Werkswinkel (2017)
Die Neurowetenskap van Leer (2018)
Die Neurowetenskap van Ontwikkeling (2018)
Die Neurowetenskap van Gedrag (2018)
Die Neurowetenskap van Uniekheid (2018)
Neuro-ontwikkelingsagterstande  (2018)

Jo-Ann Pietersen

Ek is Jo-Ann Pietersen en ek is oorspronklik van die Kaap. Ek het in 1994 gematrikuleer en daarna by die Universiteit van Kaapstad Dans Onderwys gaan studeer. Ek is al sedert 2012 ‘n assistant in die Walvisklas end it is vir my ‘n voorreg om elke dag te kan werk met die kinders.

Awesome Image

By Kontiki is elke kleutertjie spesiaal. Elke kindjie se individualiteit en uniekheid word in ag geneem wanneer ons hulle voorberei vir skooltoetrede. Ons graad R-klasse voldoen aan departementele riglyne en volg die CAPS-kurrikulum.

Skoolure

  • Ma - Vr07:00-17:15
  • Sa - SoGesluit
  • SkoolvakansiesGesluit

  Besoek ons Facebookbladsy.

 
 

Kontak ons gerus

U kan ons gedurende skoolure kontak by.

  • Genl. Hertzogstraat 100
    Dan Pienaar, Bloemfontein
  • 051 – 436 3370
  • ontvangs@kontiki.co.za
© 2019 Kontiki Preprimêr. Alle regte voorbehou. Webtuiste deur Utilisoft